Wolkpos logo finaal

Ek is ‘n passievolle Rekeningkunde onderwyseres met meer as 15 jaar se ondervinding.

Die klaskamer is my gemaksone en ek put vreugde daaruit om te sien hoe leerders in hierdie vak floreer.

Meer as 40% van die graad 9-leerders met wie ek werk, neem Rekeningkunde as keusevak. Ek beskik oor die vermoë om 150 leerders opgewonde te maak oor Rekeningkunde

Besondere goeie uitslae word jaarliks behaal. My leerders is die afgelope paar jaar die voorloper in die Distrik.

Tegnologiese baanbreker op vele terreine.

Skrywer en aanbieder van lesmateriaal vir vooraanstaande Afrikaanse platforms.

Ek bied opleiding aan die Departement van Onderwys sedert 2009 en is hoog in aanvraag t.o.v. hulpbronne, leermetodes, intervensie, ens.

Kom geniet hierdie reis saam met my waar jy werklik jou potensiaal kan ontdek en die uitdagings wat Rekeningkunde bied, met gemak kan aanpak.

Leer Rekeningkunde op die korrekte wyse soos nog nooit vantevore nie.

image

Hoe werk die DRIE kategorië?

​Na aanleiding van jou evaluasie word daar bepaal of jy in die PERS, GROEN of BLOU kategorie oefeninge benodig ter einde jou doelwitte te bereik.


image

PERS kategorie

Ons gaan klein begin en jou help om die basiese vaardighede wat hierde vak van jou verlang, te bemeester. Jy gaan vlak-1 vrae inoefen en jouself bemagtig tot vlak-2 en -3 vrae.

image



GROEN kategorie

Jy het reeds die basiese vaardighede getoon benodig inoefening van vlak-2 en -3 vrae.

image

BLOU kategorie

Jy is hier ingeskryf by my hoë-prestasie sentrum om slegs vlak-4 vrae in te oefen om jou onderskeiding te verseker.


Trek jou tekkies aan om die pas van Rekeningkunde te kan volhou.

kLIK OP HIERDIE SKAKELS EN VOLG MY OP SOSIALE MEDIA